Terug na tuisblad

Vir ouers

Sit LekkerLeer op die foon of tablet

LekkerLeer word direk vanaf hierdie bladsy geïnstalleer en kry daarna sy eie ikoon op die tuisskerm.

Android-foon of -tablet

Maak hierdie bladsy in Chrome oop en volg dan die stappe:

  1. 1Tik die drie kolletjies regs bo in Chrome.
  2. 2Kies “App installeer” of “Voeg by tuisskerm”.
  3. 3Bevestig met Installeer. Die LekkerLeer-ikoon verskyn dan op die tuisskerm.

iPhone of iPad

Apple laat nie outomatiese installasie toe nie, maar dit vat net drie tikke in Safari:

  1. 1Tik die Deel-knoppie onderaan (of bo-aan op iPad) in Safari.
  2. 2Rol af en kies “Voeg by tuisskerm” / “Add to Home Screen”.
  3. 3Tik Voeg by. LekkerLeer verskyn dan as 'n app-ikoon.

Let wel: dit moet in Safari gedoen word. Chrome of Firefox op iPhone/iPad bied nie hierdie opsie nie.

LekkerLeer is 'n webtoepassing. Sodra dit geïnstalleer is, kry dit nuwe lesse en stories vanself — daar is nooit 'n opdatering om af te laai nie.